HOE gaan ek vir my studies BETAAL?
Het jy al aan die finansiële implikasies van jou studies oorweging geskenk? Dié aspek skrik dikwels voornemende studente af en dis baie keer een van die grootste struikelblokke om te oorkom. In die meeste gevalle – tensy jy ‘n beurs ontvang – moet jy self vir jou studies betaal. Die fooie wat jy sal moet betaal sluit die kollege of opleidingsentrum se fooie, registrasie fooie, eksamen fooie en ander diverse fooie in. So byvoorbeeld sal nie alle instellings jou met handboeke voorsien nie – hulle kan van jou verwag om self daarvoor te betaal. Netso behels sekere programme eksterne eksamens wat dus ook addisionele kostes sal behels.
Indien jy meer aandag aan die finansiële implikasies van jou studie wil bestee, kliek asseblief of die volgende skakel: