HOE LANK wil ek studeer?
Nóg ‘n bydraende faktor is wat jy wil studeer, aangesien die volume werk van studieveld tot studieveld en kwalifikasie tot kwalifikasie verskil. Dis vanselfsprekend dat ‘n langer studietydperk betrokke is wanneer jy ‘n graad wil verwerf as wanneer jy ‘n sertifikaatkursus voltooi.
Hier is ‘n aanduiding van hoe lank dit normaalweg neem om elke kwalifikasie te voltooi:
- Kort kursusse: Gewoonlik tussen 3 en 6 maande
- Sertifikate: Gewoonlik 1 jaar
- Diplomas: Gewoonlik tussen 1 en 2 jaar
- Gevorderde Diplomas: Gewoonlik 2 jaar
- Grade: Gewoonlik 3 jaar
LET WEL: Dié tydperke is bloot ‘n rowwe aanduiding en studietydperke kan van kollege to kollege verskil.
































