KRY ‘N WERK

Om vir ‘n werk te begin soek, mag dalk ‘n vreesaanjaende gedagte wees, maar as jy eers ontdek het wat Unidas jou kan bied, word die aansoekproses doodmaklik!

Hulle gee vir jou al die kennis en wenke om die werk van jou drome te kry, so waarvoor wag jy? Besoek www.unidas.co.za dadelik!

Hoe help Unidas jou om ‘n werk te kry?

Die heel belangrikste ding wat enige iemand moet onthou wat vir ‘n werk aansoek doen, is dat eerste indrukke blywend is! Dis iets wat jy altyd ingedagte moet hou, of jy nou op ‘n advertensie vir ‘n kelner by die plaaslike restaurant reageer of vir ‘n hoë pos by ‘n regsfirma aansoek doen.

Wel, jy mag dalk dink dat jou eerste indrukke gemaak word wanneer jy vir ‘n onderhoud gaan, maar eintlik is dit glad nie die geval nie. Werkgewers vorm reeds ‘n opinie oor jou van die oomblik wat hulle jou aansoekbrief en CV ontvang! Dié dokumente is die eerste “ontmoeting” tussen jou en jou toekomstige werkgewer en die indruk wat dit laat behoort ‘n goeie een te wees. Nie almal besef hoe belangrik dié eerste indrukke is nie, so indien jy die raad volg wat Unidas voorsien, sal jy sekerlik die regte mense beïndruk nog voordat hulle jou eens ontmoet het!

Kom ons dink ‘n bietjie oor die volgende: watter indruk sal jy van iemand hê wie se aansoekbrief vol spelfoute is of wie se CV nie in die korrekte formaat is nie? Wel, jy mag dalk dink dat hulle miskien nie so goed opgevoed is nie of dalk slorderige werk lewer, hoewel dit nie noodwendig die geval is nie. Dié eerste indrukke kan moontlik jou kanse ruïneer om ‘n werk te vind, so jy moet weet wat jy doen.

Buiten die raad oor hoe om ‘n professionele CV op te stel, help Unidas ook met die volgende:

  • Waar om vir beskikbare poste te begin soek;
  • Hoe om op ‘n werksadvertensie te reageer;
  • Hoe om ‘n dekbrief vir jou CV te skryf;
  • Hoe om ‘n aansoekbrief vir ‘n beskikbare pos te skryf;
  • Hoe om ‘n motiveringsbrief te skryf;
  • Hoe om ‘n bedankingsbrief te skryf;
  • Hoe om vir ‘n werksonderhoud voor te berei;
  • Hoe om ‘n goeie indruk te maak wanneer jy ‘n paneel ontmoet;
  • Wat jy in ‘n onderhoud behoort te vra en wat nie; en
  • Watter tipe antwoorde werkgewers verkies.
  • Of jy ‘n skoolverlater is wat na ‘n werk soek of iemand is wat van loopbaan wil verander, Unidas sal wenke hê om jou met dié proses te help. Maak van hulle raad gebruik – dis die moeite werd!