College SA
KRY ‘N WERK STUDIELENINGS VERSOEK HULP VOEG JOU KOLLEGE BY ONS VENNOTE NUTTIGE WEBTUISTES VINNIGE VRAGIES

Kursus

Wat is ʼn kursus?

ʼn Kursus is ʼn vorm van opleiding waar formele lesse aangebied word.  Tydens ʼn kursus moet die student sekere uitkomste voltooi.  Die uitkomste kan praktiese werk, werkstukke en/of eksamens wees.  Wanneer al die uitkomste van ʼn kursus voltooi is, kry die student ʼn kwalifikasie.

Hoe help ʼn kursus met my opleiding?

ʼn Kursus is die mees algemene vorm van opleiding.  Kursusse kan prakties van aard wees, of teoreties van aard.  Indien jy opleiding in ʼn sekere area wil hê, sal jy waarskynlik die meeste baat vind by ʼn kursus.  In diens opleiding is ook ʼn goeie vorm van opleiding, maar dit gee geen teoretiese agtergrond nie.  Die meeste formele kursusse bevat ten minste ʼn klein teoretiese komponent.  Teorie is van groot waarde as jy wil verstaan hoekom jy iets moet doen en nie net hoe om dit te doen nie.  Vir verskeie loopbane is dit nodig dat jy ʼn goeie teoretiese agtergrond het.

ʼn Kursus bied ook die geleentheid vir die student om in diepte te leer van ʼn onderwerp.  Die student kan vrae aan dosente vra oor probleme wat hulle met die werk het.  Dit studente kry ook tydens ʼn kursus studiemateriaal wat hulle sal help in hulle loopbaan.

Watter kursusse kan ek studeer?

Die kursusse wat jy kan studeer mag afhang van waarin jy belangstel of watter loopbaan gekies het.  Jy kan studeer in enige rigting denkbaar.  Daar is kursusse beskikbaar vir amper enigiets waaraan jy kan dink.  Jy moet net ʼn kursus kies waarin jy belang stel, of ʼn kursus wat jou sal help in jou loopbaan.

Waar kan ek ʼn kursus studeer?

Jy kan by enige kollege, universiteit of tegnikon studeer.  Dit is belangrik om seker te maak dat die inrigting by die Departement van Onderwys geregistreer is, anders word die inrigting as onwettig beskou en die kwalifikasie is niks werd nie.  Jy kan by die Departement van Onderwys navraag doen om seker te maak dat die inrigting geregistreer is.  Maar verder is daar niks wat jou keer om by absoluut enige inrigting te studeer nie.

Wat as ek nie weet watter kursus om te studeer nie?

As jy sukkel om te besluit wat om te studeer, kan jy na ons vennoot se webwerf gaan.  Career Test bied ʼn gratis loopbaantoets aan.  Die loopbaantoets neem jou voorkeure en sterkpunte in ag en maak voorstelle daarvolgens.  Dit is ʼn uiters volledige toets wat in diepte inligting verskaf oor elke loopbaan.

Versoek Meer Inligting

  
 
 

careertestlogo.jpg

VennoteCollege SA

colleges.co.za

Strategic Investigations and Seminars (SIS) Skills Academy
learninggrouplogo.jpg The Decor School
Boston City Campus Unidas
african_Bank.gif etalogo.jpg
icblogo.jpg ibslogo.jpg
comptialogo.jpg fassetlogo.jpg
saimlogo.jpg cis.jpg
FET capetown.jpg
FET
pastellogo.jpg

CV Makeover

Renego
collegefinder.jpg
coursefinder.jpg
collegeapp.jpg sportscourses.jpg
southafrica.jpg bookkeeping.jpg
collegeinfo.jpg colleges.jpg
collegeof.jpg fattraining

jobrapido.jpg

just-the-job-employment-portal.gif

netmechanic.jpg

South African Business Directory
Terreinkaart | Privacy Policy
Website design by Net Mechanic