ONS VENNOTE
Al die kolleges of opleidingsentrums wat op Opleiding.co.za gelys word, is in vennootskap met verskeie akademiese instellings wat erkende kwalifikasies bied. Dié instellings is ten volle geakkrediteerd en het gevestigde reputasies, wat dié kwalifikasies hoog aangeskrewe en uiters gevraagd maak. Indien jy meer oor dié akademiese vennote wil leer, kliek op die skakels wat volg:
Institute of Chartered Secretaries and Administrators (ICSA)
 |
Die Institute of Chartered Secretaries and Administrators (ICSA) is die wêreld se voorste professionele liggaam vir maatskappysekretarisse en senior administrateurs en sy affiliaat, Chartered Secretaries South Africa, is die formele instituut vir bestuurs- en rekenpligtige amptenare in Suidelike Afrika. Die rol van geoktrooieerde sekretarisse en administrateurs is om te verseker dat hul maatskappy se omset winsgewend is en dat hulle op ‘n tydige, gepaste, doeltreffende en goed georganiseerde wyse op omstandighede reageer. ICSA het ‘n gevestigde reputasie om individue op te lewer wat oor hierdie vaardighede beskik. |
Institute of Business Studies (IBS)
 |
Die Institute of Business Studies (IBS) is ‘n afilitaat van die Suid-Afrikaanse tak van die Institute of Chartered Secretaries and Administrators (ICSA) en daarom is al IBS se kwalifikasies ook deur Fasset geakkrediteer. Die programme wat deur IBS aangebied word, dien as ‘n oorgang tot die meer gevorderde ICSA-kursusse, so deur die vaardighede te bekom wat deur die IBS-kwalifikasies ontwikkel word, sal studente hulself bemagtig en uiteindelik uit verskeie loopbane in die besigheidsektor kan kies. |
Institute of Certified Bookkeepers (ICB)
 |
Die Institute of Certified Bookkeepers (ICB) se doel is om opleiding en kwalifikasies van ‘n hoë gehalte vir potensiële boekhouers, rekeningmeesters, kantooradministrateurs en finansiële bestuurders in Suid-Afrika aan te moedig. Die ICB is ‘n geakkrediteerde vennoot van Fasset en word ook met twee internasionaal erkende organisasies in die Verenigde Koninkryk geassosieer. |
South African Institute of Management (SAIM)
 |
Die South African Institute of Management (SAIM) is ‘n professionele liggaam wat lewenslange leer en die volgehoue ontwikkeling van bestuurders bevorder. Die SAIM se doel is om werknemers, toesighouers en toevallige bestuurders in professionele bestuurders te omskep deur self-ontdekking, self-bestuur, respek vir menseregte en verantwoordelikheid teenoor ander aan te moedig. Al SAIM se kursusse is deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) geakkrediteer. |
Chartered Institute of Management Accountants (CIMA)
|
Die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) is die wêreld se grootste professionele liggaam vir bestuursdienstige rekenmeesters. CIMA-kursusse is daarop gefokus om studente voor te berei om die beste moontlike besigheidsverwante besluite te neem, en hulle die kennis te gee om waardevolle bydraes tot die verskeie afdelings van ‘n maatskappy te lewer. CIMA-kwalifikasies is uiters gesog en dit sal talle deure tot ‘n volwaardige loopbaan in die sakesektor oopmaak. |
Pastel Accounting
 |
Softline Pastel Accounting is ‘n lid van die Softline Group en het duisende gebruikers wêreldwyd. Nie net maak dit seker dat elke besigheid in ons land op hoogte van die jongste rekeningkundige standaard bly nie, maar ook dat hulle bybly met veranderinge ten opsigte van die ekonomie en wetgewing. Of jy jou eie besigheid begin of reeds in die rekeninge departement van ‘n gevestigde firma werk, Pastel sal in jou unieke behoeftes kan voorsien. |
CompTIA
 |
Computing Technology Industry Association (CompTIA) is een van die leiers in informasie tegnologie en dit het ‘n belangrike rol in die vorming van die IT-bedryf oor die afgelope dekades gespeel. CompTIA-kwalifikasies word internasionaal erken en werknemers het volle vertroue in aansoekers wat dié sertifisering verwerf het. |
Fasset
 |
Fasset is die naam wat vir die Seta vir finansies, rekeningkunde, bestuursraadgewing en ander finansiële dienstes gegee is. Fasset se doelwit is om al die professionele kwalifikasies wat met finansiële studies verband hou te kontroleer en seker te maak dat die kolleges wat dit aangebied aan die minimum standaarde voldoen. Finansiële kwalifikasies wat deur Fasset geakkrediteer is, is dus van ‘n hoë gehalte en studente kan vertrou dat dit waarde tot hul opvoeding sal voeg. |
FAT Training
 |
FAT Training is in 2007 gevorm om kwaliteit opleiding aan studente te voorsien. FAT Training bied nou deeltydse klasse aan studente wat as CIMA lede gekwalifiseer wil word. Alle FAT Training dosente is voltydse dosente by die Universiteit van Johannesburg en is almal “Associate Chartered Management Accountants (ACMAs) of deels gekwalifiseerde CIMA lede.
http://www.fattraining.co.za |