STUDIELENINGS

Een van die belangrikste aspekte wanneer dit by die beplanning van jou studies kom, is om seker te maak dat jy die nodige fondse het. Het jy al hieroor nagedink? Wel, indien jy het, sal een van die volgende waarskynlik vir jou ‘n opsie wees:

Om ‘n persoonlike lening aan te gaan beteken dat die bank vir jou ‘n sekere bedrag sal voorskiet sodra jy kwalifiseer en dat jy dan op ‘n maandelikse basis oor ‘n vasgestelde tydperk begin terugbetaal.

 

Voordele

Nadele

Aangesien jy die volle bedrag dadelik ontvang kan jy jou studiefooie vooruitbetaal en moontlik korting ontvang, afhangende van die kollege of opleidingsentrum se beleid.

 

Jy sal nie kwalifiseer tensy jy 18 jaar oud is, tans ‘n werk het en ‘n maandelikse inkomste ontvang nie.

 

 

Jy sal rente moet betaal op die geld wat jy geleen het, so jy betaal uiteindelik heelwat meer terug as wat jy oorspronklik ontvang het.

 

 

Die eerste paaiement is gewoonlik verskuldig kort nadat jy die geld ontvang het. Om hierdie rede wil die bank ‘n bewys hê dat jy ‘n maandelikse inkomste verdien, want jy sal basies onmiddellik moet begin om die geld terug te betaal.

 



So, as jy nog op skool is en van plan is om ‘n voltydse student te word, sal jy waarskynlik te jonk wees om vir ‘n persoonlike lening te kwalifiseer. Jy sal daarom iemand nodig hê om vir jou borg te staan, wat beteken dat ‘n ouer, familielid of vriend wat aan dié kriteria voldoen namens jou kan aansoek doen. African Bank sal jou in dié verband kan help. Kliek asseblief op die volgende skakel om meer oor hulle te lees:


‘n Studente lening behels dieselfde proses as ‘n persoonlike lening, met slegs ‘n klein verskil. Terugbetaling begin gewoonlik eers wanneer jy jou studies afgehandel het, wat beteken dat jy self die geld sal kan terugbetaal nadat jy gekwalifiseer en hopelik ‘n werk van jou eie kon vind.

Voordele

Nadele

Aangesien jy die volle bedrag op een slag ontvang, kan jy jou studiefooie vooruitbetaal en moontlik korting ontvang, afhangende van die kollege of opleidingsentrum se beleid.

 

Jy sal nie kwalifiseer tensy jy 18 jaar oud is, tans ‘n werk het en ‘n maandelikse inkomste ontvang nie.

 

Die eerste paaiement is gewoonlik eers verskuldig nadat jy jou studies afgehandel het.

 

Jy sal rente moet betaal op die geld wat jy geleen het, so jy betaal uiteindelik heelwat meer terug as wat jy oorspronklik ontvang het.

 


So, as jy nog op skool is en van plan is om ‘n voltydse student te word, sal jy waarskynlik te jonk wees om vir ‘n studente lening te kwalifiseer. Jy sal daarom iemand nodig hê om vir jou borg te staan, wat beteken dat ‘n ouer, familielid of vriend wat aan dié kriteria voldoen namens jou kan aansoek doen. African Bank sal jou in dié verband kan help. Kliek asseblief op die volgende skakel om meer oor hulle te lees:

Baie instellings bied
beurse op grond van akademiese of sportprestasie aan, wat beteken dat hulle vir jou studies betaal. Sommige werkgewers stel ook beurse aan hul werknemers beskikbaar wat graag verder wil studeer, so doen hieroor navraag indien jy tans by iemand in diens gestel is.

Voordele

Nadele

Iemand anders betaal vir jou studies so jy hoef nie ‘n lening aan te gaan nie.

 

Sommige instellings stel beurse beskikbaar op die voorwaarde dat jy vir ‘n sekere tydperk vir hulle kom werk nadat jy gekwalifiseer het. Indien jy nie aan dié voorwaarde voldoen nie, sal jy die volle bedrag moet terugbetaal sodra jou studies afgehandel is.

 

As jy ‘n goeie student is, is die kans groot dat jy vir jou harde werk beloon sal word deur vir ‘n beurs by ‘n opleidingsentrum of akademiese instelling te kwalifiseer. Indien jy tans ‘n werk het, is dit ook moontlik dat jou werkgewer vir jou ‘n beurs beskikbaar sal stel om verder te studeer, so vind uit wat die kriteria is en hoe jy hiervoor kan aansoek doen.