College SA
KRY ‘N WERK STUDIELENINGS VERSOEK HULP VOEG JOU KOLLEGE BY ONS VENNOTE NUTTIGE WEBTUISTES VINNIGE VRAGIES

VIND ‘N KOLLEGE


Moenie bekommerd wees oor waar jy al die nodige inligting vir kolleges of opleidingsentrums gaan kry nie. Ons maak dinge vir jou baie maklik deur ‘n hele paar uiters relevante webwerfbronne vir jou te lys. Om meer oor elke kollege of opleidingsentrum te lees, kliek eenvoudig op die spesifieke skakel of besoek hul webtuistes direk.

Kolleges vir Afstandsleer:


Voltydse en Deeltydse Kolleges:


collegesa.jpg
Dit is ‘n KOLLEGE VIR AFSTANDSLEER.
College SA is ‘n tuisstudie kollege met ‘n uitstekende reputasie. Dit bied ten volle geakkrediteerde kursusse en kwalifikasies in verskeie studievelde aan en studente word aangemoedig en gemotiveer om ‘n sukses van hul akademiese loopbane te maak. College SA bied unieke voordele wat dit een van die vernaamste afstandsleerinstellings in Suid-Afrika maak. Studente het byvoorbeeld toegang tot hul eie persoonlike tutor indien hulle enige vrae of navrae aangaande die studiemateriaal het, en, indien hulle hul studies vir ‘n paar maande wil staak, het hulle die opsie om ‘n “betalingsvakansie” te neem. Om by College SA in te skryf is eenvoudig en maklik en studente het die versekering dat hulle elke tree van die pad ondersteuning sal ontvang.

Die kontakbesonderhede vir College SA is as volg:

Kaapstad:

Tolvrye nommer: 0800 21 23 22
Van buite SA: +27 12 323 3001
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 520 5080


Pretoria:

Tolvrye nommer: 0800 21 23 22
Van buite SA: +27 12 323 3001
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 513 2713

Vir meer inligting oor College SA, besoek asseblief hul webtuiste by:
http://www.collegesa.co.za/.



learninggrouplogo.jpg
Dit is ‘n KOLLEGE VIR AFSTANDSLEER.
The Learning Group is ‘n kollege vir tuisstudie wat die gebruik van die internet op só ‘n wyse betrek het dat studente raad, ondersteuning en onderrig op ‘n vinnige en koste-effektiewe manier kan ontvang. Byna alle korrespondensie vind elektronies plaas, wat beteken dat minder tyd en geld vermors word omdat studente nie telefoonoproepe hoef te maak om inligting te verkry of reisonkostes aan te gaan om klasse persoonlik by te woon nie. The Learning Group bied kursusse in Besigheidstudies, Kreatiewe studies, Sportstudies en Rekenaarstudies aan, so indien jy in een van dié velde belangstel en dit graag deur middel van tuisstudie wil voltooi, tree vandag nog met die registrasiekantoor in verbinding!

Die kontakbesonderhede vir The Learning Group is as volg:

Kaapstad:

Tolvrye nommer: 0801 12 12 12
Van buite SA: +27 21 801 0934
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 520 5080


Durban:

Tolvrye nommer: 0801 12 12 12
Van buite SA: +27 31 201 4827
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 528 5656

Vir meer inligting oor The Learning Group, besoek asseblief hul webtuiste by:
http://www.learninggroup.co.za/.


decorschoollogo.jpg
Dit is ‘n KOLLEGE VIR AFSTANDSLEER.
The Décor School is geaffilieer met The Learning Group en bied ‘n afstandsleerkursus in binneshuise ontwerp en -versiering aan. Dié kursus is deur ‘n bedrewe binneshuise versierder, Brenda Horner, saamgestel en hoewel dit op die Amerikaanse beginsels vir binneshuise versiering gegrond is, is die inhoud baie relevant ten opsigte van die Suid-Afrikaanse mark. Aangesien die veld vir binneshuise ontwerp en -versiering teen só ‘n ontsaglike tempo groei, sal ‘n kwalifikasie in hierdie rigting heelwat geleenthede vir entrepreneurs skep.

Die kontakbesonderhede vir The Décor School is as volg:

Kaapstad:

Tolvrye nommer: 0800 21 23 22 (registrasie)
Van buite SA: + 27 12 323 5173
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 528 5656

Gauteng:

Tolvrye nommer: 0800 21 23 22
Van buite SA: + 27 12 323 5173
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 520 5080

Vir meer inligting oor The Décor School, besoek asseblief hul webtuiste by:
http://www.decorschool.co.za/.


skillsacademy.png
Dit is ‘n KOLLEGE VIR AFSTANDSLEER.
Die Skills Academy maak dit vir studente wat nie Matrieksertifikate het nie moontlik om verder te studeer. Al die kursusse het ope toegang, so jy moet net oor basiese kommunikasievaardighede in Engels beskik om enige van die programme te volg. Studente hoef ook nie eksamens vir enige van die Skills Academy se kursusse af te lê nie, wat hulle in staat stel om al hul tyd en energie aan die voltooiing van die voorgeskrewe opdragte te wy. Indien studente op enigste stadium die behoefte het om hul kursusse na volle sertifikate of diplomas by ‘n geakkrediteerde vennootkollege op te gradeer, sal die Skills Academy hulle enige tyd met dié proses help. Dit kan egter addisionele fooie en eksamens behels, so studente moet hiervan kennis dra voordat hulle die opgraderingsproses aanvra.

Die kontakbesonderhede vir die Skills Academy is as volg:

Kaapstad:

Tolvrye nommer: 0801 51 51 51
Van buite SA: +27 21 801 0934
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 528 5656

Pretoria:

Tolvrye nommer: 0801 21 23 22
Van buite SA: +27 21 801 0934
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Faksnommer: 086 513 2713

Vir meer inligting oor die Skills Academy, besoek asseblief hul webtuiste by:
http://www.skillsacademy.co.za/.


boston.jpg
Dis ‘n VOLTYDSE of DEELTYDSE KOLLEGE.
Boston City Campus & Business College bestaan uit vyf departemente of komponente. Hulle is:

  • Boston Media House;
  • Boston Multimedia;
  • Sports Administration;
  • Boston City Campus and Business College; en
  • Boston City Campus – Degrees.

Boston Media House bied kursusse binne die media-industrie aan en lei studente op om met moderne tegnologie en mediatoerusting te werk. Boston Multimedia is effens meer gespesialiseerd en stel studente aan animasie, joernalistiek, radiovervaardiging en klanktegnologie bekend. Die kursusse in Sport Administrasie berei studente op verskeie beroepe in die sport-, ontspannings- en fiksheidsindustrie voor, terwyl die kwalifikasies wat onder die algemene vaandel van Boston City Campus and Business College val uiters divers is en enige iets van IT-kursusse tot Bemarking en selfs Gasvryheidstudies insluit. Laastens bied Boston City Campus sekere graadkursusse in vennootskap met UNISA (Universiteit van Suid-Afrika) aan, wat beteken dat dié kwalifikasies ten volle geakkrediteerd is en internasionaal erken word.


Die kontakbesonderhede vir Boston City Campus & Business College is as volg:

Bellville: 021 948 6761   
Johannesburg: 011 331 2455
Bloemfontein: 051 447 5700   
Oos-Londen: 043 743 7624
Kimberly: 053 832 7273   
Durban: 031 301 7469
Potchefstroom: 018 297 6466   
Polokwane: 015 291 2579
Nelspruit: 013 752 4560   

LET WEL: Boston het kantore in elke groot sentrum regoor Suid-Afrika, maar ons dui slegs een kantoor per provinsie aan.
Vir meer inligting oor Boston, besoek asseblief hul webtuiste: http://www.boston.co.za/.



etalogo.jpg
Dis ‘n VOLTYDSE of DEELTYDSE KOLLEGE.
Die eta word as ‘n deskundige op die gebied van sport, ontspanning en fiksheid beskou omdat dit een van baie min opleidingsentrums is wat kursusse in dié veld aanbied. Al die programme is ook op dié mark gerig en studente doen waardevolle praktiese ondervinding op wat hulle in hul daaglikse roetines kan toepas. Die eta bied studente ook ‘n keuse tussen voltydse studie en afstandsleer wat hulle in staat stel om ‘n kwalifikasie in sport te verwerf terwyl hulle ‘n vaste werk het. Vir jou gerief het die eta kampusse regoor Suid-Afrika, so tree met jou naaste sentrum in verbinding vir meer inligting oor enige van hul programme.

Die kontakbesonderhede vir die eta is as volg:

Kaapstad:

Telefoonnommer: 021 671 1060
Van buite SA: +27 21 671 1060
Faksnommer: 021 671 4813
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Stellenbosch:

Telefoonnommer: 021 886 7513
Van buite SA: +27 21 886 7513
Faksnommer: 021 886 7519
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Bloemfontein:

Telefoonnommer: 051 444 0850
Van buite SA: +27 51 444 0850
Faksnommer:    051 444 4520
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Durban:

Telefoonnommer:    031 701 8921
Van buite SA: +27 31 701 8921
Faksnommer:    031 701 9606
E-posdres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Johannesburg:

Telefoonnommer:    011 791 6565
Van buite SA: +27 11 791 6565
Faksnommer:    011 791 0401
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Pretoria:

Telefoonnommer:    012 665 0475
Van buite SA: +27 12 665 0475
Faksnommer:    012 665 0485
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Vir meer inligting oor die eta, besoek asseblief hul webtuiste by:
http://www.exerciseacademy.com/.



sislogo.jpg

Strategic Investigations and Seminars (SIS)

Dis ‘n VOLTYDSE of DEELTYDSE KOLLEGE.
Strategic Investigations and Seminars (SIS) is ‘n opleidingsentrum wat in forensiese ondersoek, polisiëring, analise en kriminologie spesialiseer. SIS se doel is om studente meer te leer oor die beginsels wat by basiese ondersoek en analise betrokke is en hulle met kennis van forensiese stappe en wetenskap toe te rus om enige probleem om te los. Of jy probeer om ‘n misdaad op te los of bloot inligting vir ‘n dissiplinêre verhoor insamel, die basiese ondersoekproses volg altyd sekere stappe en daar is spesifieke faktore wat jy ingedagte moet hou. SIS neem jou noukeurig deur al hierdie stappe. By SIS sal  jy beslis ‘n program vind wat jou belangstelling sal prikkel!

Die kontakbesonderhede vir SIS is as volg:

Gauteng:

Telefoonnommer:    012 751 0888
Van buite SA: +27 12 751 0888
Faksnommer:    086 684 9119 (navrae)
E-posadres: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it (navrae)

Vir meer inligting oor die SIS, besoek asseblief hul webtuiste by: http://www.s-i-s.co.za/.





Versoek Meer Inligting

  
 
 

careertestlogo.jpg

VennoteCollege SA

colleges.co.za

Strategic Investigations and Seminars (SIS) Skills Academy
learninggrouplogo.jpg The Decor School
Boston City Campus Unidas
african_Bank.gif etalogo.jpg
icblogo.jpg ibslogo.jpg
comptialogo.jpg fassetlogo.jpg
saimlogo.jpg cis.jpg
FET capetown.jpg
FET
pastellogo.jpg

CV Makeover

Renego
collegefinder.jpg
coursefinder.jpg
collegeapp.jpg sportscourses.jpg
southafrica.jpg bookkeeping.jpg
collegeinfo.jpg colleges.jpg
collegeof.jpg fattraining

jobrapido.jpg

just-the-job-employment-portal.gif

netmechanic.jpg

South African Business Directory
Terreinkaart | Privacy Policy
Website design by Net Mechanic