College SA
KRY ‘N WERK STUDIELENINGS VERSOEK HULP VOEG JOU KOLLEGE BY ONS VENNOTE NUTTIGE WEBTUISTES VINNIGE VRAGIES

WAAR wil ek studeer?

Waar jy wil studeer is nóg ‘n belangrike faktor wat jou keuse sal beïnvloed. Dié vraag het nie slegs op die fisiese ligging van die kollege of opleidingsentrum betrekking nie, maar ook op die tipe leer wat dit aanbied, die kwalifikasies wat daar verwerf kan word en die reputasie wat dit in akademiese kringe het.

Die vraag van watter kollege of opleidingsentrum die beste keuse is, is ‘n besluit wat baie navorsing sal verg. Moenie bloot by ‘n akademiese instelling inskryf net omdat dit ‘n naam is waarvan jy al gehoor het óf omdat jy dink dat dit goeie kursusse aanbied nie.
Doen altyd navorsing!

‘n Mens moet nooit die waarde daarvan onderskat om navorsing oor ‘n kollege of opleidingsentrum se reputasie te doen nie. As ‘n akademiese instelling baie ongelukkige studente het, sal jy waarskynlik nie daar wil registreer nie – met goeie rede!

Wat het ander studente oor die kollege of opleidingsentrum te sê? Moenie jou besluit op net twee mense se opinies grond nie – kry ‘n klomp menings, veral van mense wat reeds ervaring met daardie kollege of opleidingsentrum het. Dikwels is die beeld wat advertensies of plakkate van ‘n kollege of opleidingsentrum skep baie misleidend. Jy moet nie slegs kennis van die goeie dinge van ‘n kollege of opleidingsentrum dra nie, maar ook van die slegte dinge.

Besoek www.hellopeter.com en kyk watter reputasie die kollege of opleidingsentrum het waarin jy belangstel. Indien ‘n kollege of opleidingsentrum sy studente sleg hanteer, sal hulle beslis op www.hellopeter.com kla en jy sal kan sien waaroor hierdie klagtes handel. Hierdie webwerf sal dit ook vir jou maklik maak om te sien of daardie spesifieke kollege of opleidingsentrum goed met sy studente kommunikeer. Jy moet byvoorbeeld weet of hulle op e-posse, navrae, klagtes, ens. reageer en of hulle jou bloot in die lug laat hang nadat hulle jou registrasie- en kursusfooie ontvang het! Hierdie inligting behoort op www.hellopeter.com te verskyn.

Voordat jy by ‘n kollege of opleidingsentrum inskryf, moet jy ook hul akkreditasie- en registrasiebesonderhede nagaan. Word die kursus waarin jy belangstel deur formele instellings goedgekeur en erken? Indien jy ‘n voorbeeld wil hê van hoe ‘n kollege of opleidingsentrum se akkreditasie behoort te lyk, gaan na http://www.collegesa.co.za/our-accreditation.html. College SA gee ‘n goeie en duidelike verduideliking van hoe akkreditasie en registrasie werk. Hulle gee ook vir jou die Departement van Onderwys se kontakbesonderhede sodat jy die registrasiebesonderhede van ‘n kollege of opleidingsentrum kan nagaan.

Laastens moet jy ook seker maak dat daar geen versteekte kostes is wanneer jy inskryf nie, want dis aaklig om later onaangename verrassings te kry. Kry vooraf ‘n lys van al die fooie wat jy moet betaal sodat jy jou finansies deeglik kan beplan.

Wanneer ons na die kwalifikasies kyk wat verwerf kan word, wil ons graag hê jy moet nadink oor watter tipe kwalifikasie jy nodig het. Benodig jy ‘n sertifikaat, ‘n diploma, ‘n gevorderde diploma of ‘n graad? Nie alle akademiese instellings bied dieselfde vlak van kwalifikasies aan nie, so jy moet seker maak of jy vir ‘n volle kwalifikasie of ‘n kort kursus moet inskryf, aangesien jy baie tyd en geld in jou studies sal belê.

Die tipe leer waarna ons verwys het betrekking op die kollege of opleidingsentrum se studiemetode. Jou twee hoof keuses is voltydse of deeltydse studie en afstandsleer:

  • Voltydse of deeltydse studie: Dié tipe leer behels klasbywoning en interaksie met dosente en ander studente op kampus.
  • Afstandsleer: Dié tipe opvoeding is ook bekend as tuisstudie, aangesien jy die vryheid en buigsaamheid het om te studeer wanneer en waar dit jou die beste pas. Jy hoef geen klasse by te woon nie en jy het die gerieflikheid om teen jou eie tempo te werk.

Beide hierdie tipes leer het natuurlik voor- en nadele, so om dinge vir jou makliker te maak, het ons die twee kortliks vergelyk:

VOLTYDSE    STUDIE

Voordele

Nadele

Jy het direkte kontak met jou dosent en klasmaats.

Jy sal nie tyd hê om voltyds te werk nie omdat jy daagliks klasse moet bywoon.

Jy kan aan klasgesprekke deelneem en ander studente se menings hoor.

Jy het minder vryheid omdat jy aan klastye en roosters gebind is.

Jy is gemotiveerd om te studeer omdat jy vir klastoetse of opdragte moet    voorberei.

Jy kan onaangename verrassings soos onafgekondigde toetse en take kry.


AFTANDSLEER

Voordele

Nadele

Jy kan ‘n voltydse werk hê omdat jy in jou vrye tyd studeer.

Jy het selfdissipline en motivering nodig om by jou studierooster te hou.

Jy kan deur middel van die internet met jou dosente kommunikeer.

Jy het toegang tot óf telefoniese óf elektroniese kommunikasie nodig.

Jy het baie vryheid omdat jy nie klasse hoef by te woon nie.

Jy sal nie met ander studente op ‘n kampus kan sosialiseer nie.



Vir ‘n lys kolleges of opleidingsentrums, kliek asseblief op die volgende skakel:


Versoek Meer Inligting

  
 
 

careertestlogo.jpg

VennoteCollege SA

colleges.co.za

Strategic Investigations and Seminars (SIS) Skills Academy
learninggrouplogo.jpg The Decor School
Boston City Campus Unidas
african_Bank.gif etalogo.jpg
icblogo.jpg ibslogo.jpg
comptialogo.jpg fassetlogo.jpg
saimlogo.jpg cis.jpg
FET capetown.jpg
FET
pastellogo.jpg

CV Makeover

Renego
collegefinder.jpg
coursefinder.jpg
collegeapp.jpg sportscourses.jpg
southafrica.jpg bookkeeping.jpg
collegeinfo.jpg colleges.jpg
collegeof.jpg fattraining

jobrapido.jpg

just-the-job-employment-portal.gif

netmechanic.jpg

South African Business Directory
Terreinkaart | Privacy Policy
Website design by Net Mechanic