WAAROM wil ek studeer?
- Omdat jy deur ‘n ouer of eggenoot geforseer word;
- Omdat jy geen ander opvoedkundige kwalifikasies het nie;
- Omdat jy jou kwalifikasies moet verbeter om vir bevordering in aanmerking te kom;
- Omdat jy jou kwalifikasies moet verbeter om vir ‘n salarisverhoging in aanmerking te kom;
- Omdat jy ‘n relevante kwalifikasie nodig het om jou in staat te stel om ‘n loopbaanverandering te maak;
- Omdat jy verveeld raak met jou huidige beroep en dat jy graag iets heeltemal anders wil oorweeg;
- Omdat jy tyd tot jou beskikking het en graag die tyd op ‘n produktiewe wyse wil gebruik;
- Omdat jy werkloos is en jy weet dat ‘n goeie opvoeding jou kanse om ‘n werk te kry aansienlik sal verbeter.
Tensy jy ‘n goeie rede het waarom jy wil studeer, sal jy waarskynlik nie die wilskrag en motivering hê om ‘n sukses daarvan te maak nie. Aangesien jy heelwat geld en tyd hierin sal belê, moet jy regtig geïnspireerd en gedrewe wees om verder te studeer. As jy om die regte redes in jou opvoeding wil belê, sal jou kop reg ingestel wees om jou potensiaal te bereik!
































