WAT BETEKEN OPLEIDING IN SA?

  • Voorskool: Voordat jy met jou Laerskoolopvoeding kan begin, moet jy eers
    Graad R op Voorskoolse vlak voltooi.
  • Laerskool: Daarna moet jy Grade 1-7 slaag om tot Hoërskoolopvoeding
    deur te dring. In Suid-Afrika word leerders volgens die wet verplig om skool by te woon totdat hulle Graad 9 geslaag het of 15 jaar oud is. Voordat jy skool verlaat, moet jy dus baie seker wees dat jy nie ‘n hoër kwalifikasie gaan nodig kry vir die loopbaan wat jy wil volg nie.
  • Hoërskool: Indien jy beoog om verdere onderwys en opleiding te voltooi,
    word jy aanbeveel om Grade 8-12 suksesvol te voltooi. Sommige kolleges en technikons aanvaar wel Graad 10 kwalifikasies, maar alle universiteit vereis minstens ‘n Graad 12 sertifikaat.
  • Verdere onderwys en opleiding: Sodra jy jou Matrieksertifikaat verwerf het,
    het jy ‘n paspoort tot hoër onderwys by instellings soos kolleges, technikons en universiteite.

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel kan as volg voorgestel word:

Uit dié diagram behoort dit duidelik te wees dat die verskillende onderafdelings van onderwys en opleiding op mekaar bou: