WAT wil ek studeer?
Wat jy wil studeer sal ook beïnvloed word deur waarom jy wil studeer. Gestel jou baas sê vir jou dat jy ‘n spesifieke kwalifikasie nodig het om bevorder te word, dan weet jy reeds watter spesifieke kursus jy moet voltooi, en dit sal dan jou dryfveer wees. Indien jy pas klaar is met skool en graag ‘n loopbaan wil nastreef waarvoor sekere kwalifikasies ‘n vereiste is, dan weet jy watter kursusse om te oorweeg en waarom dit belangrik is.
Wanneer jy by ‘n kollege of opleidingsentrum navraag doen, moet jy ook seker maak of hulle jou enige bystand sal bied in die keuse wat jy ten opsigte van ‘n studieprogram moet maak! Die belangstellingsvelde is ongelooflik wyd en daar is eindelose moontlikhede wanneer dit by die seleksie van kursusse kom. Voordat jy ‘n kollege of opleidingsentrum kan kies, moet jy eers ‘n goeie idee het van waarheen jy oppad is, aangesien verskillende kolleges of opleidingsentrums in verskillende programme spesialiseer. Om dinge vir jou makliker te maak het ons die volgende studievelde geïdentifiseer:
- Berading
- Bsigheidstudies
- Boekhou en Rekeningkunde
- Dekor- en Ontwerp
- Finansiële Bestuur
- Forensiese Wetenskappe
- Fotografie
- Geleentheidsbestuur
- Grafiese Ontwerp
- Kinderdagsorg
- Kreatiewe Skryfwerk
- Menslike Hulpbronbestuur
- Polisiëring
- Projekbestuur
- Radio- en Klankingenieurswese
- Rekenaarstudies
- Sekretariële studies
- Speurwerk
- Sport en Fiksheid
- Tegniese studies
- Toerisme
- Tuinontwerp
- Webontwerp
Sodra jy jou opsies oorweeg het en die moontlikhede kon verminder, word dit baie makliker om ‘n kollege of opleidingsentrum te kies wat aan jou behoeftes sal voldoen.
































